
=====================================================================
In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


In die speurroman tel die Jakob sonder die ware

Afrikaans in die spanningsroman is nie 'n ander Afrikaans as di in 'n literre werk nie. Die verskil l in "die skyn van waarheid", s 
Deon Meyer.

DAAR is drie probleme met die woord verisimilitude. Die eerste is dat ek dit nooit uit my kop uit kan spel nie. Die tweede is dat dit 
Engels is (en hierdie artikel is 'n Afrikaanse artikel oor spanningsroman-Afrikaans in 'n publikasie wat hom beywer vir Afrikaans).

Die derde probleem is dat die woordeboekvertaling van "skynwaarheid" nie die volle verhaal vertel nie. Maar laat ek begin by die begin.

Ek is gevra om te skryf oor Afrikaans in 'n spanningsroman. Hoe laat 'n mens tawwe ouens praat sodat daar geen twyfel oor hul taaiheid is 
nie? Hoe beitel jy met die taal 'n storie uit wat lesers hul naels laat afkou en tot n middernag die leeskers laat brand?

Die antwoord is eenvoudig: Ek het nie die vaagste benul nie.

Want daar is drie probleme met s 'n opdrag/versoek: Dit veronderstel ten eerste dat ek dit al vermag het. Nie alle resensente sal 
noodwendig daarmee saamstem nie. Ten tweede veronderstel dit dat 'n resep hiervoor bestaan wat 'n mens puntsgewys kan verduidelik, 'n soort 
"drie maklike stappe na Afrikaans vir die spanningsroman". Ek het dit nog nie ontdek nie -- tot nou toe. Ten laaste veronderstel dit dat ek 
al daaroor nagedink het. Ook nie waar nie.

Maar, toe ek onthou hoe ek my destyds vir TV-regisseur Johnnie Miller vererg   het: as hy elke versoek begroet met 'n "dit is 'n probleem", 
het ek diep getob oor die onderwerp -- en by verisimilitude uitgekom.

Ek het die woord die eerste keer gehoor toe ek 'n kursus oor die kuns van kopie skryf vir direkte bemarking bygewoon het en met Herschell 
Gordon-Lewis   kennis gemaak het. Herschell is 'n Amerikaner. Hy word ook beskou as een van die grootste kenners van di reklamevorm in die 
wreld. En hy s direkte bemarking ("gemorspos" vir die mense wat dit ontvang) gaan oor verisimilitude. Die skyn van waarheid. Nie die 
volle waarheid, niks behalwe die waarheid nie. Dit moet net reg klink. Die ware Jakob sonder die "ware". Maar mense moet net weet dis 
Jakob, as jy verstaan wat ek bedoel.

Die waarheid van die saak is dat Afrikaans vir die spanningsroman niks verskil van Afrikaans vir die hoogs literre werk, Afrikaans vir die 
hygroman (miskien 'n ou woordjie hier en daar) of Afrikaans vir die liefdesverhaal nie. Dit is in bre trekke dieselfde gereedskapkas van 
woorde waarmee jy bou.

Nou waar l die verskil?

In die skyn van waarheid.

En hier is die resep:

Stap een: Skep 'n tawwe karakter. 'n Ou wat nie nonsens verdra nie. Die ander ouens moet. 'n Ou wat kan skiet en slaan -- en dit sommer 
dikwels in jou storie doen ook. 'n Ou met spiere en 'n vlymskerp brein.

Stap twee: Sit hom in 'n benarde posisie. Soos teen 'n oormag van huursoldate, almal tot die tande gewapen. Maar onse held het net 'n 
knipmes by hom. En daar's jou spanning.

Stap drie: Laat hom s net wat jy wil.

Ek weet, ek weet, dit klink nie juis na 'n resep nie. Maar kom ons toets dit: Sien in jou geestesoog vir Arnold Schwarzenegger, geklee in 
sy gekamoefleerde frokkie, 'n soldatebroek met baie sakke en ritse, 'n paar vegstewels en, les bes, die knipmes. 'n Groterige knipmes.

Arnie l agter 'n rots op 'n koppie in die Groot Karoo. Die windjie waai yl deur die katbos en kambro (met apologie aan Coenie de 
Villiers). Die laatmiddagson speel oor sy spiere, wat oral by die frokkie uitpeul. Daar is 'n stofstreep oor sy wang.

Aan die voet van die koppie l die een-en-veertig huursoldate wat die miljoenr se beeldskone dogter ontvoer het, elkeen met 'n Kalashnikov-
geweer, die gevreesde AK-47 (7.62mm, 34.21 duim van loop tot kolf, 11.31 pond swaar, met dertig patrone in die sekelmagasyn).

Arnie lig sy kop vreesloos agter die rots en bulder: "Wat is die slaap 'n wondersoete ding ..." (Voeg hier gerus enige ander onsinnigheid 
in en doen dieselfde toets.)

Natuurlik is dit 'n belaglike ding om te bulder. Dit sal selfs 'n belaglike ding wees om te fluister, maar Arnie fluister net as hy baie 
kwaad is.

Die punt is dat die leser hopelik al teen hierdie tyd weet Arnie is 'n tawwe ou. En as Arnie so iets kwytraak soos "Wat is die slaap ...", 
dan beteken dit baie meer as net 'n aanhaling uit 'n bekende Afrikaanse gedig. Dit beteken hy wil aan die beeldskone miljoenrsdogter 'n 
gekodeerde, verskuilde boodskap gee. Of hy is besig om in poties-gevleuelde woorde die huursoldate se einde aan te kondig -- en hulle te 
laat sidder. Of dit is sy manier om die skrikwekkende uitputting van sewe dae sonder slaap (omdat hy die huursoldate meedonloos gejag het) 
manlik te hanteer.

Verisimilitude. Want jy het lankal die leser laat glo dat Arnie 'n tawwe, gespierde, slim ou is wat nie twak sal praat nie. Veral nie as hy 
sy knipmes in sy hand het nie.

Oortuig hierdie absoluut rasionele, suiwer empiries gefundeerde argument jou nie? Skryf dan aan Herschell Gordon-Lewis. Dit is hy wat die 
ding begin het. Deon Meyer   is die skrywer van Wie met vuur speel   en die baie suksesvolle Feniks.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5117.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

